In het kader van gedichtenweek opent de kaneelfabriek met een nieuw gedicht
van Clinton V. du Plessis in het afrikaans:
Young men on the corner
Like scattered leaves
The boarded up windows
The empty streets
While my brother’s down on his knees
My city of ruins.
-Bruce Springsteen
You may be poor, but the one thing nobody
can take away from you is the freedom to
fuck up your life whatever way you want to.
-Jonathan Franzen
Oral, hulle
die generasie sonder uitsig of insig
in townships se strate vol slaggate,
soos clichés in hygromans,
elke naweek, die nuutste modes,
om in te pas, maar so onvas
sonder anker in iets,
die stillewes
van ʼn stoepstaanbestaan.
“Just do it,” skreeu die t-shirt
skinny jeans en secret socks
lywe dra Amerikaanse imperialistiese handelsmerke
stiptelik maandeliks afbetaal
deur ʼn enkelouerma
wat, sweet Jesus weet, suffer.
Selfs die Afro maak ‘n come-back,
nou bloot fashion statement
sonder die politieke opstandigheid
van eens, sonder daardie hardegat
Black is Beautiful-mantra
was Biko ʼn striker vir Bafana Bafana,
wonder hulle,
of was die UDF ʼn langarmband
op die Cape Flats?
moet ons lag of moet ons huil?
Gee hulle daagliks
hulle dosis free WiFi
en foc friedim
se mtee promises.
Ek het op ʼn skerm aanskou hoe:
dié muur val,
twee torings tuimel,
diktators se beelde verkrummel,
narre en kulkunstenaars verkies word tot presidente,
gletsers begin smelt.
Nou sien ek,
close-up, ʼn generasie sterf:
Hashtagged, high & hooked.